%PM, %30 %604 %2017 %13:%Jun

Bedrywighede vir Augustus 2017

Rate this item
(0 votes)

Geestelike Verrykingsoggend

Op Saterdag, 12 Augustus, om 10:00 lewer Yolande Korkie haar getuienis by ons.Image result for yolande korkie

Dit gaan ʼn verrykende ervaring wees waarin ons weer die krag, getrouheid en werking van die Here sal besef.

Moenie hierdie geleentheid mis nie!

Kaartjies @ R120 pp is by die kerkkantoor beskikbaar.

Mans, vrouens én kinders welkom!


DIE SEËN OPGESLUIT IN ‘N GETUIENIS

Heuwelkruin het besluit om vroeg in die derde kwartaal van elke jaar, iets aan te bied wat tot seën van gelowiges sal wees.

Verlede jaar het ds Anton Meiring ʼn verrykende gebedseminaar aangebied.

Vanjaar gaan ds Robbie du Toit DV oor die naweek van 18-20 Augustus, ʼn seminaar oor getuienislewering aanbied:

Die Seën Opgesluit In ʼn Getuienis.

Dit gaan die Vrydagaand en Saterdagoggend aangebied word.

Sondag is daar ʼn nagmaalsgeleentheid waartydens ds Robbie die tema sal afsluit. Ds Robbie gaan van 6 mense gebruik maak om hierdie tema lekker lewendig te maak. Tussendeur gaan ook lekker gesing en gebid word. Alles is in die vorm van tafelgesprekke.

Hou asb die datum oop.

Die kostes gaan R50.00 beloop. Inskrywings sluit 4 Augustus 2017.

Skakel gerus vir Christine du Toit 073 413 7790 of

Hermine Watson 082 819 9623 hieroor.


 

Read 231 times
More in this category: Lekkerkry Projekte 2017 »